Vally of death – Sandboard

Sandboard! Janko en Lenka is baie opgewonde oor die aktiwiteit. Dis hulle keuse en ek stem in om saam hulle te gaan. Hoekom dan nie? 

9:00 Staan ons reg vir aksie. Ons gidse laai dit trok met toerusting, die ander toeriste en ons is reg en oppad met ons water, lang kouse en opgewondenheid wat oorloop. 

Ons is die duin op, kry almal saam ‘n teorieklas en dan help George ons een vir een teen die duin af. Janko eerste, hoe dan nou anders! Die ‘n fees, tot ek kom in een stuk onder. Dis makliker as sneeu, die sand is lekker stadig en stop is ietwat makliker. Jy is dus nie moedeloos en moeg geval nie. Ek beveel dit aan vir almal bo 80 wat nog bietjie woema het!! 

Die duin uitklim is die moeilikste van alles, maar die afgaan maak dit weereens die moeite werd! Janko se laaste afkom is ‘n neerkom, maar hy is all smiles! Hy geniet dit vreeslik! 

Abré kom ook so paar keer neer, maar probeer probeer hy maar weer. 

 

Lenka doen weer alles in styl, soos net sy kan. 

Dis oppak en terug Atacama toe. Die sterrekyk lyk nie belowend nie en Janko stel voor hulle sandboard weer! Hoekom dan nie? Ek dink dis ‘n goeie plan. Abré sal saamgaan en ek kry tyd vir my gunsteling aktiwiteit: wasgoedwas, regpak, rugsakke van die kinders uitsorteer en natuurlik blog! 

Kerkie op die plein in Atacama, kyk die kaktus stam met leer gebind. 

Ons gaan eers middagete eet, wraps met blackbeans, avo, tamatie en die wat wil kaas. Ek oortuig die kinders om eers in die swembad te spring, af te koel en sommer die ergste sand af te was. Ons sit so uur of wat rond en toe is die drie fort. Ek spring aan die werk met my huishoudelike take en dis steeds bewolk, met effe donderweer hier en daar asook ‘n druppel of twee teen 7:30. Sterre gaan nie gebeur nie, ek is bly hulle het maar weer gaan duine ry! 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published.