Salar Uyuni – Dag 1

Tupiza tours het goeie review, so dalk voel ons veilig. Die toer sluit ‘n paar uitkyk punte, mere en natuurlik die sout panne in. Ons weet nie heeltemal wat om te verwag nie, behalwe vir die roete. Waar en hoe ons slaap en watse kos ons eet is ‘n verassing. 

Ons is 7:50 reg, net om te besef Bolovia is in ‘n ander tydzone, of eerder hulle pas hulle sin aan…die ipads is reg maar nie die fone nie. Ons eet dus sommer by die hotel waar die toere begin ontbyt. Janko geniet dit want hy kan met die broodrooster speel…

Die kinders koop sap by ‘n omie wat verby kom met sy mobile lemoen skiller en versapper. Heerlik vars! Ons is oppad! Ons gids is jonk, sy naam is Ronald. Sy pa is die ander gids in die ander voertuig. Tupiza toere reël en bespreek die toeriste, maar die ouems besit hul eie voertuig en doen die hele toer. Hulle is die gidse, spring in met kosmaak en hulle vat tussen die voertuie net een kok saam. 

 

Eers moet ons uit die dorp kom, dis deur slote, rivierbeddings, agter paadjies en dan op iets wat lyk soos ‘n behoorlike grondpad. Vandag is die langste rit, ons moet baie kilometers sit en dit gaan maar moeilik gaan met die kinders saam. Die steeds mooi om ons. Bolivia is pragtig! Die pas teen die berg uit het baie mooi views oor die vallei, alles draketande. Ons ry by verbasend baie myne verby. Hier myn hulle koper, silver, antimoon. Die werkers en kinders bly op die myne, en daar is skole. Hmm….Ons stop vir fotos oor die vallei met sy verweerde rotse. Die plekkie is Palala. Ons ry aan tot by Sillar. Die pad is laaaank! Ons sien vreeslik baie Llama boere, en meer llama’s. Vicuñas loop vry, hier hoog in die berge. 

Ons middagete is by ‘n klein village, Cerrillos. Die vrouens het tafel gedek, kos is vanoggend gemaak en ons sit aan om te eet. Dis rys, en lensie berede. Slaai is tamatie, komkommer en uie. Ons eet lekker! Daar loop ‘n laama romd en die kinders wil ‘n foto neem. Die dogtertjie se ma weier egter dat daar foto’s geneem word. Dis jammer. Toe ons wil betaal, kom die kind en reken nee sy soek dubbel dit. Nou stap ons maar aan, Peru sal dalk vir ons toelaat! 

Ons kom by ‘n kontrole punt en betaal ingang vy die Nasionale Park. Ons is in San Antonio de Lipez. Ons gaan na die ruines kyk. Dis ‘n dorp wat gesentreer was om ‘n koper myn. Hier het die Priester die duiwel die berg op gevat, omdat daar so baie mense hier doodgegaan het. Bo op die berg het die duiwel se bene in klip verander en kon hy nie weer af nie. Wel die village is nou leeg en verlate, so ek weet nie wie het in die duiwel se plek die mense hier verjaag of uitgebyt nie, dalk die priester… Daar is steeds myngate, baie kerkies, seker sowat hier by die 200 gbeoue, hospitaal en als wat ‘n village kon kort. Hier glo hulle dis die duiwel wat jou doodmaak in die myne, niks uit te waai met standaarde en daai tipe van regulasies nie. Moet dit seker so maak om makliker te aanvaar. Die aarde is ook deel van die geloof en speel ‘n belangrike rol in die Boliviane se hele makeup. Die son, die maan, moeder aarde en dan word dit verweef met Roomskatolieke geloof, waar Virigin Mary deel van uitmaak. 

Ons stop by ‘n stalletjie in die stof. Hier sit twee tantes en brei, verkoop hulle lama produkte. Die punt kyk uit oor die vallei en die dorpie in die verte. Van hier vat ons die sandpad na die laguna toe. Ons is 5855m bo seevlak, die hoogste punt vir vandag. Dis nietjie hoog…

Die son begin nou vinnig sak en ons bestuurder is al moeg! Abré hou hom wakker met baie vrae en ons kom veilig uit by Auetena Chico waar ons vanaand slaap. Ons bly in ‘n woestyn hostel, maar dis baie netjies met die steen geboude beddens. Vier in elke kamer en voor ‘n eetsaal. Een badkamer, maar niemand gaan vanaans stort nie. Dis yskoud. Die drywers maak die bakkies toe met seile, laat die engin loop om hitte binne te kry vir die nag. Ons pak af en die kinders, veral Janko trek dadelik warm aan. Ons staan buite en kyk na die ongelooflike oop hemel met sy sterre…en satelliete…die witte melkweg. Ek verlang sommer na die oop lug uit my kinderdae en op die plaas. Die stad is regtig ‘n slegte plek, sommer vir alles wat memories kan bou! 

Die local tannies maak kos. Die kinders dra die broodjies aan en is maar skaam voor ons twee wilde goed! Ons kry lekker groente sop. Na sop kry ns rys en maalvleis met groente. Weer slaai, tamatie, komkommer en uie, soos ons dit maar ook maak. Ons kuier lekker om die tafel saam die 4 Franse wat in Ronald se pa se voertuig ry. Na ete is ons vinnig in die bed. My kop is vrek seer so ek drink een van daai pille wat Michelle Staal voorgeskryf het vir die hoogte. 

Ek slaap min, so ek laai die kinders se ipads deur die nag. Ons is gelukkig hier is elektrisiteit. Ons het hieroor gewonder, maar Ronald sê die dorpies het almal elektrisiteit. Dis nie ‘n probleem nie. Dis net die estancios wat nie het nie, maar dis soms net 2-5 huisies. Die mense koop maar kos in die stede, soos rys, lemsies, aartappels en dan het hulle darm llamas om te eet. 

Dis bar, hier is nie hout wat rondlê nie, so hitte is skaars. ‘n Harde lewe…

Leave a Reply

Your email address will not be published.