Sucre stad van museums en kerke

Lenka het vir vandag ‘n roete uitgewerk wat ons moet stap. Jy kan net in die oggend tot 12:00 en dan van so 16:00 af, die res van die dag gebeur daar niks in Suid Amerika nie, of eerder Amerika, want hier bestaan Noord Amerika nie! Kerke, museums en historiese of geskiedkundige geboue is almal wit. Sucre, Ciudad de Blanco.

Ons wil net minste by die brood en hoede museum uitkom vandag. Ons soek vir ons in hoeke en draaie na die brood museum maar kry net mooi niks! Ons kry wel mooi uitsigte oor die stad, standbeelde en trappe…en nog trappe! Van bo kyk jy oor die hele stad, en in die verte troon die wit torings van die kerke naby die plaza. 

Ons besoek die klere museum, mooi klere uit eeue terug. Maar ek stel meer belang in die klere van vandag, tradisioneel soos hulle nou lyk. Daar is oulike uitstallings, fyn kant, lint, onderrokke en bykomstighede. Ons sien die platplooi onderrokke en rompe met dieselfde plat plooi, wat hulle vandag nog dra. Vandag se rompe is net korter. Handsakke en handskoene, maar alles ‘n bietjie te Europeus na my sin. Ek soek vandag se klere, die wat ek hier in die strate sien deurskemer…

Kerke is gesluit, dis Saterdag. Ander maak reg vir troues. Ons kry oulike straatjies oppad.  Ons stap by ‘n skool verby wat gerestoreer is met die hulp van Spanje – hoog tyd! – massief en weereens buite lyk dit na niks, maar binne die mure is dit ‘n ander wêreld. Die vrolik blou en geel geverf. 

Ons stap by die ‘n kultuur winkel in en kyk na die mooiste weefware. Dis baie mooi en baie detail. Ons verkyk ons en ek verkliek my met die kamera! 

 

Hier is ‘n klompie werk te koop wat net halfpad gemaak is. Die weefstoel staan in die middel van die vertrek, sodatment ‘n idee kan mry van hoe deurmekaar so storie kan raak. In die strate van Potosi het ek vrouens so sien loop en spin en hier sien ons die hand spin-top hang in die winkel. 

Nou huistoe, want ons wil eet en na 16:00 die middagskof doen. Abré gaan buskaartjies koop tot in Titicaca, ons beplan om môre aand te ry. Dis baie ver, oor die 600km, sal ons seker 12 ure vat met die berge. 

Ons stap na die Plaza, weereens is ons teleurgesteld want die Iglesiastic museum is toe, die staatsgeboumword geverf,  katedraal het ‘n mas en so mis ons uit. 

Ons gaan na die Casa de la Liberta en doen ‘n toer. Hier leer ons van Bolivia se stryd tot onafhanklikheid. Ons hoor van helde, heldinne en van korrupte leiers. Waarom die vlag lyk soos hy lyk en waarom daar offisieël twee vlae is. Hoekom Bolivia na Bolivar vernoem is en ons hoor die storie van die ryk myner of te wel, prins. Alles oulik en voeg alles waarde toe tot jou begrip van die mense se mentaliteit en stryd. Hoe Bolivia grondgebied moes afstaan aan Chile en alles wat daarmee saamgegaan het. Die langste termyn vir ‘n president om te dien is die huidige ene, 6 jaar en die kortste slegs 4 dae…voor hy vermoor is. Dit alles gebeur weereens binne die mure en binnehof waarvan niemamd baie weet nie! 

Van hier stap ons seker 3km na die hoede museum…net om daar te kom en te sien die plek is toe. Ons is pootuit toe oms terugkom by die Hostel. Abré gaan koop hoender, slaai kry jy verniet. Ek is op! Ons gaan slaap eers 23:00. 

Leave a Reply

Your email address will not be published.