Dag in Dubi

Wat ‘n dag. Ek is totaal en al op, kisboude! Slaap het ek niks van gehad nie en ek raak letterlik in die loop aan die slaap. Ons begin die dag met ‘n 05:00 am stop op die lughawe. Wat maak mens 05:00 op ‘n lughawe of in Dubai….jy boek jou rugsakke in en begin stap. 
Ontbyt by die hotel “klink” net goed, tot jy die prys hoor, dan drink jy net koffie en stap maar verder… Ons stap na die ou historiese deel en loop tot die museum oopmaak. Die Alfahidi fort en Dubai museum is bymekaar en ons besoek dit. 

Na die besoek eet ons by die UnI Café, waaroor ek reeds iets geskryf het. Heerlik, local op die straat en goedkoop. Elke pennie help in Dubai! 
Ons gaan Dubai mall toe na dit, maar dis de moer en gone weg. Ons koop ‘n Metro kaart vir die dag, wat trein en busse insluit. Gedink  ons busse ry vinnig….think again! Disney nie ‘n patch teen die mense nie. 

Al die pad weer terug lughawe toe om ons bagasie te rky en ry trein en bus tot by ons AirBnB woonstel: Straat 3 blok 92. Daar gekom is die gasvrou al weg, want ons is 45min laat. Sy laat weet die sleutel is onder die deurmatjie. ‘n Welverdiende uur se rus en  sakke organiseer -waarvan Abré alles doen want ek is uit! Hoofpyn, doodmoeg. 

Ons is terug op die bus, trein en weereens die mall. Anderkant uit is ons op met die Burj Kalifa. Heerlik om so hoog uit te kyk…maar as jou man ‘n mynbou ingenieur is piepie hy jou R1000 kaartjie sopnat met die stelling: daai main shaft in Mponeng, Carltonville is 3 keer so diep soos die gebou hoog is. Dit vat 7min tot onder. Ja, okay geen view, maar ek onthou die dag toe ek saam was….baie meer scary!!! Jy voel nie eens die hysbak opgaan nie. 148 vloere is net hier, ons het die aand gegaan want dit was goedkoper. 

Hulle bedien die soetste dadels en koekies wat ek nog geëet het, koeksisters se moses. Die woestyn stropies kook!!! 

Sterk koffie en ons is oppad af. Kry iets om te eet in die mall se kos area. Ons koop twee wraps wat ons deel, een hoender en die ander kalkoen en beef bacon. Twee bottels water en ons is oppad huistoe!  

Wat kos die dag? 

  • Bagasie: 20 Dirham per tas x4
  • Hotel Koffie 95 Dirham 3x skoon suiwer sap en een koffie
  • Museum 12 Dirham, baie oulik en leersaam!
  • UnI Café 49 Dirham vir 2 etes en 3x vreeslike suur lemmetjie sap!
  • Metro kaarte vir 1 dag 22Dirham per pas x4
  • Burj Kalifa, vooruit bespreek op die internet, tot vloer 148, 18:00 slot is goedkoper as in die dag! 300 Dirham per persoon
  • Aandete 74 Dirham vir 2x shawrama’s en twee water 
  • Akkomodasie in Dubai deur AirBnB in ‘n baie skoon, nuwe, duursame woonstel, R3500 vir twee nagte wat die diens en skoonmaak fooie insluit. 

Tip: kyk na jou vlugtye voor jy jou dag beplan. Ons kon eers 14:00 ons akkomodasie kry. Ek moes maar eerder so twee ure in my slaapsak op die lughawe geslaap het! 

Ons het baie heen en weer geloop, agv rugsakke, akkomodasie en bagasie toegelaat met Burj Khalifa. 

As jy kostes wil spaar deur oor Dubai te vlieg, jy gaan nie, tensy jy net ‘n direkte vlug vat, dis nag met my slaap vereistes en kinders saam. Begroot dus vir Dubai, en kry die blootstelling, of vlieg met SAL!!  

2 thoughts on “Dag in Dubi”

    1. Garry, one really needs to make sure of distances on maps in meters! Luckily we could take the metro bus…. Anders was ek dood!

Leave a Reply

Your email address will not be published.