Pad na Búzios

Die pad na Búzios. Abré het nogal gesukkel om kaartjies te bespreek. Teen die tyd dat jy al jou detail ingevul het, is die prys sommer 40R$ meer as wat die geadverteer is. Dis 16OR$ wat ongeveer R640 is. Ten einde laaste kry hy ‘n webwerf wat die pryse reg het, NA jy jou paspoort nommer ingesit het. Lyk vir ons hier word die toeriste maar effe meer gevra. Jy kan ook nie ‘n simkaart vir jou foon koop as jy nie ‘n paspoort/ID het nie. So om die drama te verminder om dit reg te kry het ons gasvrou vir die woonstel sommer al haar besondehede vir ons gegee. Ek weet nie hoeveel simkaarte sy nou al op haar ID het nie, maar dit werk vir ons. 

Chapel de Santa Rita, kan 4 mense vat. Dis ‘n  klein geboutjie, wat ek oppad gesien het. Hier kry jy borde van Farmacia, nie meer Dragoria nie. Heuwels al die pad, groener en natuurlik skoner as Natal. Selfs in die heel arm dele en die slegste dele van die stad, is die straatveërs besig. Nie net papiere nie maar hope sand word ook opgevee en weggegooi. As jy die straat vee dan vee jy vir hom. Jy dust nie net bo-langs nie! 

Elke nou en dan ‘n padstalletjie, heel informeel met vrugte, soos die pad af St. Lucia toe. By groter stalletjies baie ceramiek werk. Rye en rye potte staan buite. Teracotta en ander mooi geverf. Elke afdraai het ‘n stalletjie, almal lyk dieselfde!

Die tolhek het toue voertuie, gelukkig ry die bus net deur. ‘n Vinnige stop, en dan is ons weer oppad. 

Búzios. Die strate is ekstra smal en die bus ry haastig. Oppad in is daar ‘n plotterige area, soos elke dorp maar het. Dan die sentrale gebied wat verseker vir toeriste en die opperklas is. Dis mooi groot vensters en verkoop nie allerdaagse goed om net te oorleef nie – en hiermee bedoel ek eerstens drank, cerveza, en dan vrugte en groente – want dit word verkoop in elke winkel. Ek sal ‘n blog doen oor winkels alleen. 

Ons ry verby die plaza, of plein en verby na die bushalte. Verlore, verlate net een straatjie agter ‘n oop stuk park. Hier word almal afgelaai, tot die rooi rokkie wat styf en kort sit, met hoë hakke en so nou en dan vingers deur die hare om gedagtes reg te probeer skud. Taxi wag ons ook in, want hier weet hulle gaan hulle darm ‘n werkie kry. Oppad na Búzioz camping toe. 

  

Die ‘n familie plek. Twee erwe, twee straat spaza winkeltjies en natuurlik verkoop hulle drank en kos ook. Ten minste weet die mense hoe om bier te verkoop! Als is yskoud, sommer in ‘n vrieskas wat oop staan. Kamp opslaan is maklik, want Janko is weer vol energie en lus om te help met die nuwe ekspidisie. Hy is verantwoordelik vir hulle tent, van grondseil tot scullcap. Hy weet hoe dit werk en gee net orders waar hy kan, en hy kan…

Storte is primitief, kombuis regtig klein en als het die oud en muf van die seedorpies, maar die staanplekke is vol bespreek. Dis so 1.2 en 1.9 km na die verskillende strande toe. Aandete is local en die gewone vleis/hoender/vark en rys en pikswart bone, beet en wortels gerasper en hul snaakse mengsel van knoffel en ek weet nie wat nog nie. Ek sal uitvind. Lyk soos parmesan kaas, proe lekker saam die bone en rys. Haar ete is slegs 10R$ en genoeg vir ons om een tussen twee te deel. 

Die strand is naby. Ons stap af, maar gaan koop eers toiletpapier en seep vir klere was. En hier is die begin van die Sui-Amerika toilet gebruik. Geen toiletpapier in die toilet nie, als in die asblik langsaan. So gesê, so gemaak. 

Geribá strand, groot en besig met sokker spelers. Dis al laat toe ons loop en kom eers donker by die kamp aan. Gelukkig is daar vir elke staanplek ‘n groot spreilig, want ons het nie kampligte ingepak nie, net twee flitsies! 

Ons het weereens gratis wifi!! Net jammer een van ons laaiers het gegroet in Copacabana, so ons sit met een laaier tussen 4 ipads en 2 fone! 

Leave a Reply

Your email address will not be published.