Tatta Búzios, halo Ipenema

Ons pak op om terug te gaan Ipanema toe in Rio. Lenka is siek. Naar en glad nie lekker nie. As die kind opstaan en net ‘n ander lêplek soek kan jy maar weet daar is fout. Sy het goed uitgehou, eers by die busstop heeltemal naar gewees en hopenlik al die gif uit haar sisteem gekry.  Die 3 ure busrit was ok en daarna was sy weer goed siek. Een hele dag van slaap en sy’s ok.  

Om van een plek na ‘n ander te kom is nogals problematies as jy ‘n begroting het. Treine is baie stadig, motor’s te duur as dit ‘n eenrigting rit is, want jy betaal om dit weer terug te vat. Bus bly die goedkoopste. As jy dit so kies dat jy sommer op die bus slaap is jou akkomodasie vir daai aand ook uitsorteer. Abré het vandag die stad ingevaar. Om vliegtuig kaartjies binne Brazil te bespreek moet jy jou Brazil ID of CFP nommer hê. Dit het ons nie, so hy moet maar by die agentskappe gaan bespreek. Ons planne lyk nou as volg:

Karnaval Samba drome, Sondag aand by die megabucks show, tot die oggend 04:00, dan terug woonstel toe en herstel. Daar is straat optogte waarin almal sommer deelneem, die drome se parade het inskrywing en groot geld op die spel vir die wenners. Karnaval het sy eie kultuur en politiek, ons sal meer daarvan leer… Ons sal sien hoe lank die kinders hou en hoe hulle dit ervaar. Ons speel maar baie in hulle kraal, hulle is after all saam ons hier. Lang laat nagte van kuier doen ons nie, ons doen lang warm oggende op die strand! 

Dinsdag gaan ons na Iguazu met die bus. Bly dan 3 dae daar. Vlieg af na Argentinië, Buenos Aires, vir 2 dae. Die 15de die oggend 7:00 vlieg ons na Ushaia…en dan begin die ware journey in die natuur, die oopte, die berge, ys en kilometers van niks om jou heen nie! 

Ok, als bespreek en gedoen. As jy nie so week vooraf bespreek nie betaal jy baie meer en jy kry dood eenvoudig nie plek nie! Dit vat baie tyd maar dit moet gedoen word.

Ons woonstel is klein, een lang vertrek. Dubbelbed, tv met sleeper couch, kombuis en badkamer als in ‘n ry. Oulik gedoen en mooi decor. 

Ons het reeds als oorgeneem, uitgepak en als omgekrap. Daar staan so baie goed rond van die eienaar, wat soms in Rio en dan weer in Portugal woon, dat mens maar mooi sal moet kyk om nie iets agter te laat as jy weer pak nie! Dis Chaos! 

Môre sal ek die kinders strand toe vat. 

Ons begroot teen R3000 per dag…dit sluit vervoer in. Ons is op dag 23 en ons spandeer R8000 per dag. Die bedrag sal afkom soos ons verder vorder, en as ons teen minder as R3000 per dag kom, kan ons langer Bly! Die bedrag is hoog maar dit sluit nou al ons vlugte, bus en akkomodasie in vir die volgende maand. 

Net ‘n idee, om van Rio in Ushaia te kan kom, sou met vlugte meer kos as van Dubai na Rio. Ons moet meer vooruit bespreek en beter beplan. Probleem met dit is net dat as jy van ‘n plek hou kan jy nie langer bly nie. 

Sal maar sien hoe werk dinge uit. 

Leave a Reply

Your email address will not be published.