Ipanema street parade and party

Not much…tonight. Sunset on the beach. 

At the metro we saw a few people who were bees, cats, drag queens…and a few escaped fairytale characters, but not too much. 

The turn-styles at the metro as well as the escalators going down there were barricades and the city police started to pack steel railings to allow people to cue to get on the trains. I think the metro is going to be hectic! It will be the fastest, not sure if it will be the safest transport to the Sambadrome. 

In the street where we live, Ave Visconde de Pirajá contractors cladded the bank downstairs. They added a door for business during the day, but the huge glass windows were sealed off. I guess this is just precaution. 

Ant this is the job done. 

At the entrance to the flats, we saw two new stalls today, women selling parade clothing, nothing fancy, a head-peace, some tutu’s and alicebands with a variety of options to choose from. 

Currently a police vehicle is parked right at the entrance of the bank down stairs, but everything is quiet. We will take a stroll later tonight just to see what is going on. 

Tomorrow we will try and obtain some info on what to do, not to do and where to go and not go. We will pack for the parade and on Sunday night we will conquer! Kids and all! Stand 8 and we will be home at about 04:00am on Monday! One day to rest then we are on our way to Uguazu falls! 

En toe gaan stap ons in die strate net na 10:30. Ek het teruggekom en gaan lees watter strate die Ipanema parade in is. Die meeste straat partytjies is glo maar in Ipanema, met die Ipanema orkes, wat ‘n hoogteount is. Hulle loop, vanaf die park (in ons straat so 6 blokke hoër op) na die strand en draai dan duskant ons op en gaan dan terug parkie toe. Ag hoe erg kan dit nou wees. 

Klomp mense stap agter die orkes aan, almal sing, seker ‘n Kappse klopse met ‘n bietjie Tuks jool wat volg. 

Slegs twee blokke verder, het die skare begin saamdrom. Die strand area van Posto 10 hoër op en af seker ook gepak met ‘n jolige klomp jongmense. Ja, die straat partytjies is nie vir die oues van dae nie, so van 16 af op. Ek het wel ‘n paar ouers met kinders gesien, wat net kom loer het. 

Soos ons verder na die park se kant gestap het was die konsentrasie van mense, drank, stemme, musiek, “standing” samba meisies net hoër. Oulike die dinamieka van die lewe, een se dood is die ander se brood. Soos die blikkies leeg gedrink word, en die Skol, Antarctika blikkies die straat in rol, uit die oorvol asblikke uit, maak die recycle mense dit gretig bymekaar in swart plastiek sakke. 

Die blikkies word nie plat gedruk nie, ek dink dis omdat die blikkies dan die dun sakke skeur. Oorvol sakke word gedra na ‘n punt wat seker maar net soos by ons, môre se brood en botter word. Mans, vrouens, kinders, almal werk. Tussen die jolige klomp is daar geen probleem met drank nie. Die straat verkopers is op hulle pos. Met of sonder sy karretjie se sambrele. Coolers vol ys, bottels met water, yskoue koeldranke, bier van elke soort is te koop! Als in blikkies en plastiek. En daar is honderde van die verkopers wat net links en regs iets verkoop aan daai een wat nie vanaand sy Camelback op het vir drank of water nie. Dan die een wat net vanaand iets verkoop, met sy polystyrene cooler vol wat hy ookal in gedagte het. Straatkos en drank oral te koop. 

Ek sleep Janko aan die arm saam, want hier raak jy vinnig en maklik weg! Maar ek kry nie die gevoel van agressie of vrees in my nie. Hier en daar stap een aan jou, en dis ook maar so. Een makker loop my amper van my voete af en ek kry so tussen die bier afsluk darm “desculpe” gehoor, dronk en vriendelik daarby. 

Hier en daar ‘n groepie wat entertain, maar min. Mense entertain mekaar, kuier, lag, dans en geniet die oomblik! Die hitte pla nie, want iewes is daar ys te kope! 

Ons keer huiswaards, 6 blokke en drie strate wat ons geloop het was stampvol en baie besig. Oppad huistoe is die straatveërs reeds besig om skoon te maak. Die vuilgoed trok ry elke aand verby en laai vuilgoed op. Hy is vanaand weer hier, dit vat nou wel vanaand ‘n bietjie langer. Twee blokke verder lyk dit heel stil, hier en daar iemand wat ronddwaal. Die partytjie het vanaand ‘n blok voor die bank reeds opgehou. Môre doen ons dit weer, en dan weer…

Vanoggend is die strate silwerskoon. Winkels is oop. Als normaal. Die hangovers sal wegkruip tot skuins na 11:00, dan kom Rio uit sy gate uit en die strand word voller. In die verte hoor ek die brassband speel, dit bly mooi. 

Nou beplan ons ons vervoer na die Sambadrome en terug. Taxi bespreek, bus van die hotel af, publieke vervoer gaan nie werk met die twee kiddies saam nie. 

Van drank en dronk weet die twee nou amper alles, behalwe die gevoel. En ek weet ook amper alles want ek moes al die antwoorde op die 203.5 vrae van Janko se kant af uitdink. Van drank, toilette, bier, klere, gay mense, karnaval, boeie, poliese, afskortings, tarantoela gif, die amazone, treine en dronk mense…een op die ander en soms geen verband met mekaar nie. 

Daar is genoeg gesien, geruik en amper gekoes. Toilette is oral in die strate opgesit en die rye was lank. So paar het die geignoreer en die geboue gebruik, maar as hulle jou vang sluit hulle jou toe.  Meeste mense respekteer selfs die mees basiese afbakening voor die kerk se stoep, of die woonstel se deur. Hotelle gebruik iets meer duursaam, maar ek het niks gesien wat geweldadig was nie. Polisie oral, ambulanse een of twee keer hoor sirene draai. Kyk hoe mooi is Rio se strate gemosaïk! 

 

Probleme sal daar probleme iewers wees, die manne vinnig oppad daarheen. Ons is al amper by die huis gewees toe ek die foto probeer neem het! 

Rio is ‘n lekker plek! 

Leave a Reply

Your email address will not be published.